Maandag op RSG Landbou is daar oudergewoonte veilingsnuus asook ’n verskeidenheid ander lekker onderhoude. Ons skop af met die proses van wolverwerking. Chrisna Coetzee sal u op ‘n baie interessante reis neem wat strek van die wolskaap tot verwerkte wol. Carin Venter, ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het ook tydens Nampo Kaap op Bredasdorp met Andries Wiese van Hollard Landbou gesels. Frik Venter vertel vir Hennie Maas van RSG Landbou meer oor die Nu-Alcade Bonsmara Groep se 25ste Produksieveiling. Luister nou na al dié lekker gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.