Die Kroon Vee Brahman-bulveilings is elke jaar ’n hoogtepunt op die veeveilingkalender. Dié veiling is vanjaar op 7 November 2018 aangebied en was baie suksesvol. Die bekende afslaer, Johan van der Nest, was op die rostrum.

Altesaam 54 Manso-bulle (wit) en 23 rooi bulle is aangebied en onderskeidelik 53 en 22 van die diere is verkoop. JVZ 15336 het die hoogste prys vir Manso-bulle behaal en is teen R210 000 aan Fritz Visser van Namibië verkoop. Die hoogste prys vir ’n rooi bul was R220 000 vir JVZ 15056, wat aan JD Tonkin verkoop is.

Baie goeie gemiddelde pryse is behaal. Die gemiddelde prys vir Manso-bulle was R52 200 en dié van rooi bulle R64 600. – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here