Die bestaan van ’n geldige verblyfooreenkoms is belangrik om die verhouding tussen die grondeienaar en plaasbewoner tydens die duur van die verblyfreg te reguleer. In Maandag se aflewering van RSG Landbou, gesels Clarissa Pienaar oor die fynere detail van so ‘n ooreenkoms en waarom dit vir albei partye belangrik is. Dan bring Hennie Maas soos oudergewoonte ook nuus oor ‘n paar veilings wat in die volgende dae en weke plaasvind. Lise Roberts gesels met dr Hennie Groenewald oor ‘n biotegnologie-simposium wat in Maart plaasgevind het. Luister na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Zoetis.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.