In RSG Landbou se program van Dinsdag gesels Lise Roberts met Ina Smit oor die sogenaamde Chenin Blanc-uitdaging. Luister nou na dié onderhoud.

Daar is ook meer inligting oor volhoubare varkboerdery – Hennie Maas praat met een van die bekende Mockford-broers van Polokwane oor hulle varkboerdery en benutting van die waardeketting. Luister nou na dié onderhoud.

Die skoolhoof van Balfour Gekombineerde Skool, Philip Breedt, praat oor dié skool se Veeplaas-kudde wat in samewerking met die Hugenoot-telersgenootskap bestuur word en daarna is Braam Olivier van die Hugenoot-genootskap aan die woord, ook oor die kudde. Luister nou na dié onderhoude.

Arbeid is ’n ernstige sakerisiko en indien korrekte prosedures nie gevolg word nie, kan dit tot ‘n saak by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, of die KVBA, lei. Uiteindelik het dit ‘n groot finansiële impak op die werkgewer. Christo Bester gesels nou met ons meer hieroor.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.