Obaro- en Protek-personeel tydens Obaro se verskaffer van die jaar-funksie. Protek is vir die derde agtereenvolgende jaar as Obaro se verskaffer van die jaar aangewys.

Protek is vanjaar weereens as Obaro se verskaffer van die jaar aangewys. Obaro het onlangs hul topverskaffers tydens die jaarlikse verskaffer van die jaar-funksie bedank vir hul bydrae om Obaro se droom – om die boer se besigheid op elke plaas te wees – te verwesenlik. Obaro se verskaffer van die jaar-funksie gee erkenning aan die rol wat verskaffers in Obaro se uiteindelike sukses speel.

Sewe van Obaro se verskaffers is as finaliste benoem om mee te ding vir die titel van verskaffer van die jaar. Die finaliste is uit verskillende kategorieë aangewys, wat onder meer besproeiing, meganisasie, hardeware, buitelewe, landbou- en tuinbou-chemikalieë, saad en brandstof insluit. Die finaliste was Titan Products, Petrow Agri, Willard Batterye, Bafana Petroleum, RAP Technologies, Voermol en Protek.

Algemene dienslewering, verkope en produkgehalte het as kriteria gedien en ’n persentasiepunt is aan elke verskaffer toegeken. Titan Products het die derde plek behaal, met Bafana Petroleum in die tweede plek. Protek is vir die derde agtereenvolgende jaar as Obaro se verskaffer van die jaar aangewys.

Obaro- en Protek-personeel tydens Obaro se verskaffer van die jaar-funksie. Protek is vir die derde agtereenvolgende jaar as Obaro se verskaffer van die jaar aangewys.

David Claassen van Jonsson, Jan Enslin van Northmec, Willie Coetzer van Engen, Norman Lundy van Bafana Petroleum, Riaan Grobler van Avidan, Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited, Hein Meyer van Bayer en Leon Fourie van Koedoeskop Kunsmis is tydens die geleentheid met spesiale toekennings vir uitnemende diens vereer.

Obaro se 27ste handelswinkel wat eersdaags in Tijgervallei in Pretoria-Oos oopmaak, opgraderings aan die Marble Hall-winkel en die uitbreiding van die Claas-agentskap is slegs enkele van die hoogtepunte wat Obaro vanjaar vier. “Sonder ons uitstekende verskaffers sou hierdie hoogtepunte nie moontlik gewees het nie. Vandag vier ons die jaar wat was en die jaar wat kom. Ons sien uit na dit wat die volgende jaar inhou,” het Nic Bronkhorst, besturende direkteur van Obaro, gesê.

Nic het die verskaffers bedank vir die toewyding waarmee hulle elke dag ’n invloed op landbou het. Hy het ook die belangrikheid van samewerking tussen alle rolspelers in die landboubedryf benadruk. “Ons kan slegs deur samewerking veranderinge in die landboubedryf teweegbring. Dis ons verantwoordelikheid om betrokke te raak by ons gemeenskappe en ’n positiewe invloed op ons plaaslike omgewings te hê. ’n Blink toekoms wag op landbou en dis vir ons ’n eer om deel te wees van hierdie dinamiese sektor.” – Persverklaring