Dawie Maree van FNB Landbou skop Dinsdag se program van RSG Landbou af. Hy verduidelik onder andere hoe die finansiering van landbouvertakkings onderling verskil. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Boran-beesras is ‘n tipiese Afrika-bees met al die kenmerke wat nodig is vir produktiewe vleisbeesboerdery onder moeilike omstandighede. Die bekende Boranteler en voorsitter van die Boran Beestelersgenootskap, Simeon Hurwitz, gee meer inligting oor ‘n veiling wat binnekort gehou word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Bheki Ncube van die Landbounavorsingsraad gesels meer oor die navorsing wat hulle tans oor die inheemse Moringa-plant en sy gebruike doen. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lise Roberts praat met ‘n plaasboer, Johannita Eksteen van Funky Ouma, oor haar interessante en winsgewende tuisbedryf wat die maak van natuurlike braai- en kruiesout behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.