Van links is Basie Claassen, BKB- wolafslaer, Ken Craig en Mark Wright, albei van Standard Wool, Ronald McNaughton en Henri McNaughton.

’n Besonderse prestasie is op Woensdag, 15 Augustus, tydens ’n BKB-veiling in Port Elizabeth, met Basie Claassen as afslaer, behaal.

Die hoogste vetwolprys vir die openingswolveiling vir die 2018/2019-seisoen is deur Ronald en Adrian McNaughton van die plaas Houdconstant in die Graaff-Reinet distrik behaal.

Een baal BFH van 17,2 mikron met ’n skoonopbrengs van 74,5 is deur Standard Wool se Mark Wright en Ken Craig vir die vetwolprys van R233 per kilogram gekoop.

Die toetsresultaat van die baal BFH was uitsonderlik goed, tesame met die besonderse gehalte van die wol. – Persverklaring