Die veeperd speel op die meeste veeplase in die land ‘n baie belangrike rol. Net so belangrik is die konsep van saalpas. Omdat die veeperd die veewagter heeldag tussen die vee ronddra sodat hy as eerste kontakpunt tussen die vee en die boer sy werk doeltreffend kan uitvoer, is saalpas en die instandhouding van die veeperd se saaltuig baie belangrik. In hierdie videoreeks verduidelik William Bondesio, bekende perdekenner en -afrigter, ‘n paar van die basiese beginsels rondom saaltuig, veral die pas van die saal op die perd se rug.