Insekte bly ‘n kopseer vir die graanbedryf – of dit nou op die land of in die silos is. Gelukkig is daar kenners soos Johan Stephens, wat uitstekende raad het vir die bestuur van insekplae op graan. Hy kuier op 26 Februarie 2020 in die Grootplaas- ateljee om ons meer te vertel.

Daarna gesels ons met dr Althea Grundling van die Landbounavorsingsraad oor Wêreld-vleilanddag, en watter bedreigings vleilande in Suid-Afrika in die gesig staar.

Nuusborg: Old Mutual

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas.