In 26 Februarie 2019 se aflewering van Grootplaas gesels ons minimumloon en vleilandsake.

President Cyril Ramaphosa het einde verlede jaar die langverwagte Wet op die Minimumloon onderteken, en dit het op 1 Januarie vanjaar in werking getree. Aangesien arbeid een van die groot insetkostes in die landbousektor is, speel loonverhogings ‘n beduidende rol in boere se winsgewendheid. Jahni de Villiers van Agri SA gesels met ons hieroor. Daarna kuier dr Althea Grundling van die Landbounavorsingsraad in die ateljee om ons meer oor vleilande in Suid-Afrika te vertel.

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas