Die vleisbedryf het China se onlangse aankondiging, dat die verbod op die invoer van gesplete hoefdiere en hul produkte uit Suid-Afrika opgehef is, met ope arms verwelkom. Daar is egter ‘n hele paar voorwaardes hieraan gekoppel. Dr Gerhard Neethling van die Rooivleis-abattoirvereniging gesels in 12 Augustus 2019 se aflewering van Grootplaas hieroor. Daarna kuier een van die vier Agri Gauteng jongboerfinaliste, Lizemari de Klerk, in die ateljee, om oor vroue in landbou en die algemene veilingslandskap te gesels. 

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas