In 23 Augustus 2018 se aflewering van RSG Landbou gesels ons weer met Chris Derksen oor die weeklikse vleispryse. Sytze Smit vertel meer oor die Afrika Brahman-kongres. Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) deel  inligting oor die stomp-kopkewer wat bome in dele van Suid-Afrika tans bedreig. Isabel Bröcker vertel vir RSG Landbou -luisteraars meer oor hoe die huidige vark-slagsyfers nou vertoon. Herman Meiring praat oor die Bultfontein Boertjiefees wat eersdaags plaasvind en wat besoekers kan verwag. Luister nou na al dié gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol.