Vleissentraal vereer bemarkers en afslaers

293
Anton Vos, besturende direkteur: Vleissentraal saam met dr Piet Botha (middel), wenner van die ere-toekenning en Burger Botha, finansiële direkteur van die Subtropico-groep.

Talle bemarkers en afslaers het onlangs spesiale toekennings vir uitsonderlike prestasies by Vleissentraal se jaarlikse toekenningsfunksie ontvang. Dié spoggeleentheid is by Khaya Ibhubesi net buite Parys gehou. Alle wenners het ‘n geskenkbewys vir ‘n buitelandse vakansie ontvang.

Ere-toekenning

Dr Piet Botha het ‘n ere-toekenning ontvang vir sy leierskap aan die Vleissentraal-groep deur die jare. Vleissentraal wens dr Botha alles wat mooi is toe met sy aftrede.

Ruaan Viljoen ontvang sy toekenning by dr Piet Botha, Vleissentraal voorsitter.

Voorsitterstoekenning

Die voorsitterstoekenning vir uitstaande en onbaatsugtige diens is hierdie jaar aan Ruaan Viljoen, bestuurder van Vleissentraal Klerksdorp, oorhandig.

Bemarker van die jaar – Nasionaal

  • Platinum: Geo Cronjé, Vleissentraal Klerksdorp (Area: Buhrmansdrift/Mahikeng/Zeerust).
  • Goud: Craig le Roux, Vleissentraal Bosveld (Area: Polokwane).
  • Silwer: Chris Steyn, Vleissentraal Ermelo (Area: Standerton).
  • Brons: Erik de Witt, Vleissentraal Noord-Kaap (Area: Koffiefontein/Luckhoff/Hopetown).

Afslaer van die jaar

  • Kommersieel: Paul Botha, Vleissentraal Ermelo.
  • Stoetvee: Allan Sinclair, Vleissentraal Bosveld.

Persverklaring, Vleissentraal

Paul Botha ontvang die toekenning vir beste kommersiële afslaer. Saam met hom op die foto is Anton Vos, besturende direkteur van Vleissentraal.