Suid-Afrika is vanjaar op 22 en 23 Mei die trotse gasheer van die bekende Ensminger-varksimposium. Dr Danie Visser vertel ons in 6 Maart 2019 se aflewering van Grootplaas  wat hierdie simposium behels, en watter belangrike kwessies in die varkbedryf hier bespreek gaan word. Om produksie, en uiteraard winsgewendheid te verhoog, neem intensiewe vorme van boerdery toe. Voerkrale is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Kenners meen voerkrale kan onder andere beter vleisgehalte en beter voeromsetverhoudings verseker. Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging vertel ons meer oor hoe die voerkraalbedryf in Suid-Afrika tans lyk.

 

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas