Voerkraalafronding vorm ‘n integrale deel van ‘n skaapboerdery en kan risiko verlaag. Dit kan ook lammers markklaar kry in tye van weidingskaarste. Daarby kan dit kapitaalomset versnel omdat lammers gouer bemark word. Dit help om veldagteruitgang en oorbeweiding in droë tye te voorkom, en druk op weidings te verlaag. Die groot pluspunt is natuurlik dat vleisproduksie per hektaar verhoog word.

Hoewel die winsgewende afronding van lammers egter ‘n mate van kundigheid en ‘n hoë bestuursvlak verg, behels dit nietemin ‘n redelike eenvoudige proses. Luister nou wat Ulrich Müller van Voermol hieroor sê.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Voermol