Die vraag na rooivleis beteken dat daar altyd ’n vraag na speenkalwers sal wees. Groot getalle speenkalwers word jaarliks in voerkrale op plase afgerond en bemark. Dit laat die speenkalfprodusent en/of mielieprodusent toe om self waarde tot sy produk te voeg. Die winsgewendheid van hierdie ondernemings word grootliks bepaal deur die verhouding tussen die speenkalfprys, die mielieprys en die vleisprys.

Om ‘n speenkalf suksesvol te voer en te bemark, is daar heelwat faktore wat aandag moet geniet. ‘n Kenner op dié gebied, Ulrich Müller, gee nou raad in dié verband.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Voermol