Saam met die altyd-groeiende bevolking, moet landboubedrywe ook op hulle tone bly om aanhoudend meer met minder te produseer. Voerkrale speel ‘n baie groot rol in die volhoubare produksie van rooivleis in Suid-Afrika. Gelukkig het ons ‘n vereniging wat na dié bedryf se belange omsien. Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging, kuier in die Grootplaas-ateljee van 19 November om met ons oor kwessies in die bedryf te gesels.
Die landbounavorsingsraad gee jaarliks toekennings aan presteerders in die vleisbees-bedryf om die vordering wat gemaak word met prestasietoetsing, te promofeer, te bemark en aan te moedig. Dr Ben Greyling van die Nasionale Vleisbees-aantekening- en -verbeteringskema by die Landbounavorsingsraad vertel ons meer hieroor.
Nuusborg: Netafim
Markteborg: Hinterland
Weerborg: Laeveld Agrochem