Is daar plek vir vroue in die bosbousektor? Zelda Schwalbach, kommunikasiebestuurder by Sappi Forests in KwaZulu-Natal, vertel in Maandag se RSG Landbou meer oor watter geleenthede daar vir vroue in die bosbousektor is. Luister nou na dié onderhoud.

Artikel 12J-beleggings kom weer onder die soeklig in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Frans van Eden van Prioritise gesels hieroor en hoe dit landbou en die ekonomie bevoordeel. Luister nou na dié onderhoud.

Lise Roberts het by die afgelope Agri-Expo Livestock in die Kaap, gaan kuier daar het sy vir Christo Pienaar, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging raakgeloop. Sy het hom uitgevra oor die vereniging se planne vir 2020. Daarna is twee leerlinge van die Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam aan die woord en spog op hulle beurt met die skool. Hulle brei ook meer uit oor die huidige stand van die kuddeprojek.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.