Groot dele van die Vrystaat, soos verskeie ander provinsies in die land, gaan gebuk onder erge droogtetoestande. Daar is tans onsekerheid oor waar die proses staan om die provinsie as ’n droogterampgebied te verklaar.

“Die proses is definitief aan die gang en ek is seker daar sal ’n rampgebied-aankondiging gemaak word. Daar was berigte dat die gebied reeds as ’n rampgebied verklaar is, maar dit is egter nog nie in die provinsiale Staatskoerant gepubliseer nie. Ons is nie seker of ’n munisipale-, distrik-, of provinsiale ramp aangekondig sal word nie,” sê Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou.

“Dit is nou belangrik dat ’n akkurate bepaling van die impak van die droogte gedoen word en dat enige hulp wat beskikbaar gestel word, by die regte boere uitgebring word. Hoewel droogtehulp van die regering dikwels meer op opkomende en gemeenskapsboere gefokus is, het kommersiële boere al in die verlede hulp ontvang. Dit is egter slegs boere wat vir droogtehulp aansoek gedoen het.”

Droogtehulp-aansoeke moet baie dringend ingedien word. Produsente moet ’n assesseringsvorm van die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat invul om vir droogtehulp in aanmerking te kom.

Klik hier om ’n assesseringsvorm af te laai. 

Vir meer inligting, kontak Jack Armour by 051 444 4609 of stuur ’n epos aan jack@vslandbou.co.zaMarike Brits, AgriOrbit

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here