Die herfskommandowurm-seisoen sal waarskynlik van nou af meer algemeen voorkom, wat beteken dat meer besmetting waarskynlik is. Dit is van kritieke belang dat verkenningspogings toeneem en beheer so gou as moontlik toegepas word, veral op larwes in vroeë stadiums van ontwikkeling.

Hierdie plaag sal voortduur met sy lewensiklus solank genoeg kos beskikbaar is en dit nie te koud is nie. Dit beteken dat verskeie geslagte in een mielieland teenwoordig kan wees en larwes in verskillende ontwikkelingstadiums kan op dieselfde gewas met nuwe eiers op blare voed. Dit dui ook daarop dat skade eers sal voorkom nadat die vierde ontwikkelingstadium bereik is. Maar dit kan erger word as daaropvolgende vierde ontwikkelingstadium-larwes op dieselfde plant ontwikkel.

Dit is van kritieke belang dat die somergraanprodusente die weeklikse en/of maandelikse verslae deurstuur en aandui watter plaagdoders gebruik word tesame met die sukseskoers. Daar is berigte van produsente wat sukkel om die plaag te beheer, maar kennis van die korrekte gebruik van geregistreerde plaagdoders en/of die ontwikkelingstadia van die larwes is ongelukkig onbekend. Onthou, as die larwes groter is as ’n 10c-muntstuk is, is plaagdoders dalk nie doeltreffend nie. – Graan SA

Klik hier om meer te lees.