Die oppervlakte- en vyfde produksieskatting vir 2020 se somergewasse is pas deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Lees dit in Engels.

Kommersiële mielies

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 15 514 miljoen ton gestel, wat 0,48% of 75 600 ton minder as die vorige skatting van 15 589 miljoen ton is. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2 611 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,94t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 38% groter as die 2019-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 84% van die 2020-oes produseer.

Witmielies

Die oppervlak onder witmielies is 1 616 miljoen hektaar en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 hektaar. Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 9 075 miljoen ton, met ’n verwagte opbrengs van 5,61t/ha.

Geelmielies

In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6 439 miljoen ton, wat 1,16% of 75 600 ton minder as die 6 514 miljoen ton van die vorige skatting is. Die verwagte opbrengs van geelmielies is 6,47t/ha.

Sonneblomsaad

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 765 960 ton, onveranderd teenoor die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 500 300 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 1,53t/ha is.

Ander gewasse

Die produksieskatting van sojabone het met 2,29% of 29 500 ton afgeneem, van 1 291 miljoen ton tot 1 261 miljoen ton Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 705 000 hektaar en die verwagte opbrengs is 1,79t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is 52 140 ton – ’n afname van 16,54% of 10 330 ton. Die oppervlakteskatting is 37 500 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 1,39t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 133 660 ton, wat 1,49% of 2 025 ton minder as die 135 685 ton van die vorige skatting is. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 500 hektaar en die verwagte opbrengs is 3,14t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 68 860 ton, wat 3,08% of 2 190 ton minder as die vorige skatting is. Die oppervlakte beplant met droëbone is 50 150 hektaar en die verwagte opbrengs is 1,37t/ha.

Neem asseblief kennis dat die sesde produksieskatting vir somergewasse vir 2020, op 29 Julie 2020 vrygestel sal word. – Nasionale Oesskattingskomitee

Klik hier om die vorige maand se produksieskatting vir 2020 se somergewasse te besigtig.