Die ALFA 2018 vee-ekspo kruip al hoe nader. Dié opwindende geleentheid vind van 18 tot 20 September vanjaar by die Afridome in Parys plaas. Die mede-organiseerder, Albert Loubser, vertel op RSG Landbou hoe voorbereidings vorder en wat op vanjaar se spyskaart te wagte kan wees. Hy beklemtoon ook ’n paar programhoogtepunte. Luister nou na dié gesprek. Besoek www.alfaexpo.com vir meer inligting.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol.