Waterstrukturering

Dr Gerald Pollack van die Universiteit van Washington, ’n professor in bio-ingenieurswese, het water se struktuur bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom dat water ’n geheue opbou na aanleiding van die omgewing waaraan dit blootgestel word. Dié geheue sowel as besoedeling, dra by tot die vorming van groter watermolekulegroepe. Hierdie groepe is te groot om deur selwande te beweeg en dit gee aanleiding tot dehidrasie en swak gesondheid, selfs wanneer voldoende water beskikbaar is.

Die beginsel van energiebewaring bring mee dat watermolekules groepeer sodra die energievlakke weens bv. besoedeling daal. Energie moet dan toegevoeg word om die molekules weer op te breek sodat dit afsonderlik kan funksioneer.

Dr Pollack het bevind dat water hoofsaaklik deur drie metodes gestruktureer kan word: deur ’n maalstroom, magnetiese krag of frekwensies. Hierdie strukturering bring mee dat water beter deur selle opgeneem kan word.

Mens-, dier- of plantselle kan nie hierdie groeperings opneem nie. Die enkele watermolekules het ’n laer oppervlaktespanning en 34% meer plek vir waterstofbindings. Dus los voedingstowwe beter op en beide water- en voedingstowwe word makliker deur selle opgeneem, ongeag of dit in mense, plante of diere is.

Meer suurstof

Gestruktureerde water help met die oordrag van boodskappe vanaf die brein na selle. Dit het tot gevolg dat mense, diere en plante minder water gebruik en beter hidreer. Die struktuur van hierdie water het tot gevolg dat die watermolekules meer suurstof behou. Almal ken water as H₂O, maar gestruktureerde water vorm H₃O₂. Die feit dat gestruktureerde water meer suurstof bevat, is van kardinale belang vir goeie gesondheid, groei en produksie.

Gestruktureerde water bly vloeibaar by temperature so laag as -6°C. Dit bied tot ’n mate beskerming teen rypskade by plante. Dit is ’n natuurlike anti-oksidant wat veroudering teenwerk en makliker deur die selwande geabsorbeer word.

Agri Frequencies het na aanleiding van verskeie toetse besluit om die frekwensiemetode vir die strukturering van water te gebruik, aangesien ander genesende frekwensies bygevoeg kan word om nog meer gesondheidsvoordele te verkry. Hul waterstruktureringseenhede is mobiel en kan bloot onder ’n glas water geplaas word om dit te struktureer, of dit kan om ’n pyp vasgeheg word om al die water wat deur die betrokke pyp vloei te struktureer.

Die waterstruktureringseenhede moet ten minste 80% van die pyp se omtrek bedek vir doeltreffende werking. Die water word dadelik gestruktureer soos wat dit deur die pyp beweeg, hetsy ’n huishoudelike pyp of ’n besproeiingspyp. Dit neem ’n paar sekondes om stilstaande water te struktureer en slegs millisekondes vir vloeiende water.

 Kristaltegnologie

Frekwensies wat van kristalle afkomstig is, verbeter water se gehalte deur dit te struktureer. Kristalpoeier wat met spesifieke frekwensies geprogrammeer is om water te struktureer, word tussen twee lae rubber verseël om die waterstruktureringseenheid te vorm.

Die kristalgelaaide rubberstroke word as waterstruktureringseenhede om die waterpyp gedraai, met een eenheid per 25mm pypdikte. Vir dikker pype word meer eenhede gebruik, bv. twee vir ’n 50mm pyp en vier vir ’n 100mm pyp. Dit kan sodoende op enige dikte pyp gebruik word en hou lewenslank.

Voordele van gestruktureerde water

  • Selle hidreer volledig met 30% minder water.
  • ’n Verhoogde suurstofinhoud steriliseer patogene tot twee dele per miljoen.
  • Beter hidrasie voorkom talle siektes.
  • Verhoogde energie en ’n 30% waterbesparing verbeter sportprestasie by bv. renperde, wedvlugduiwe en atlete.
  • Die water is sagter en smaakliker.
  • Verbeter gesondheid en verhoog bloedsuurstofvlakke.
  • Verbeter die korttermyngeheue en immuunstelsel.
  • Verhoog produksie by plante en diere.
  • Verbeter droogtebestandheid by plante.

Voordele van kristaltegnologie

  • Insekbeheer enige plek in die wêreld.
  • Verwydering van klein diere en voëls.
  • Dood van rotte en muise.
  • Groeistimulasie wat plante beter laat produseer.
  • Suikerstimulasie by plante om suikervlakke te verhoog.
  • Dood van alge in swembaddens en visdamme.

Die frekwensietoets

Agri Frequencies het ‘n spesiale toets ontwikkel wat kliënte kan gebruik om frekwensies wat hulle plase bereik, op te tel en om waterstruktureringseenhede te toets.

Waarborg: Die waterstruktureringseenhede het ’n lewenslange waarborg indien die gebruiksaanwysings gevolg word.

Vir meer inligting, skakel 082 429 4055, stuur ’n epos aan info@agrifrequencies.com of besoek die webtuiste www.agrifrequencies.com.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here