Meer as 80% van die koste wat ‘n produsent aangaan om sy besproeiingstelsel te laat werk, val onder die sogenaamde loopkoste. As ‘n produsent sy loopkoste kan laag hou, is die totale lewenssikluskoste van die besproeiingstelsel laer. Watervoorsiening kan hier ‘n beduidende rol speel. Isobel van der Stoep gesels in die onderstaande podsending hieroor. Sy brei ook uit oor die verskeie komponente wat deel vorm van die watervoorsieningstelsel en hoe water op die mees ekonomiese wyse aan die besproeiingstelsel voorsien kan word.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.