Die kritiese vroeë rypdatum is verby en dit lyk asof die Kaapse koringboere ‘n goeie seisoen kan verwag. Maar hoe lyk landbouweerstoestande oor die algemeen?  Johan van den Berg van Santam Landbou gesels in RSG Landbou oor wat boere te wagte kan wees. Bright Breytenbach van BASF vertel hoe só ’n maatskappy in die landbou belê en daar is ‘n bydrae deur Kobus Anderson van die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die berging van water.

Steeds by die LNR – Rosemary du Preez gesels oor tropiese en subtropiese vrugtenavorsing en dan vertel dr Pieter Hauman watter kunsmissake by die onlangse Fertasa-kongres bespreek is. Luister hier na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Zoetis.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.