Buiten oesversekering, bied AgriSeker ook ander dienste tot die risiko-bestuurondersteuning wat aan boere gebied word. Reinhard Kuschke vertel in hierdie potgooi ‘n bietjie meer hieroor.

Die belangrikste tema op hierdie tydstip in die oesseisoen vir saaiboerdery, is die weervooruitsigte. Dr Johan Malherbe, ‘n senior navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR), gesels oor weervooruitsigte (volgens seisoenale weervoorspellingsmodelle) vir reënval oor die somergraangebiede gedurende planttyd in Suid-Afrika. Hy brei ook uit oor die gunstigheid van reënval gedurende die res van die groeiseisoen.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur AgriSeker. Besoek hul webwerf hier.