Volgehoue navorsing oor hondsdolheid by koedoes in Namibië het bewys dat die toediening van ’n entstof deur die bek werk. Verdere navorsing moet nou gedoen word om te bepaal teen watter dosis die entstof toegedien moet word om die koedoes immuniteit teen die siekte te laat opbou.

Dr Rainer Hassel het op die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres in Windhoek gesê dit is dalk nie ’n reuse-deurbraak nie, maar beslis bemoedigend. Die projek gaan voortgesit word en die moontlikheid word ondersoek om jakkalse, wat waarskynlik die belangrikste draers van die siekte is, ook op dié manier in te ent.

DNS-ontledings gaan ook op diere wat die siekte oorleef en die virus wat die siekte veroorsaak gedoen word om alle moontlikhede te ondersoek om koedoes beter teen die siekte te beskerm. – Andries Gouws, Veeplaas

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here