Wêreldmelkdag is onlangs gevier en in Dinsdag se RSG Landbou praat Lise Roberts met Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie, oor die betekenis van dié dag en hoe dit in Suid-Afrika gevier is.  Daar is ook meer inligting oor APAC, of die Raad vir Landbouprodukte-agente. Francois Knowles vertel hoe hierdie agente hulle werk doen. Ons Noord-Kaapse verteenwoordiger, Koos du Pisanie, gesels oor goeie plaasbestuur met die landbou-ekonoom, Louis de Jager. Dan vertel Johan Mouton wat boere kan doen om deur die droogte te kom. Luister nou dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.