Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is vanjaar op soek na die sesde Santam Landbou Kuilvoerkoning. Die doel van dié kompetisie is om tot die bevordering van goeie kuilvoerpraktyke by te dra. Buiten die naamborg, Santam Landbou, word die kompetisie ook deur verskeie prysborge ondersteun.

Een van dié prysborge is Strapping and Profile Manufacturers, as agent van Rani-produkte. Dit is die eerste jaar dat dié maatskappy by die kompetisie betrokke is. Die Rani-reeks sluit verskeie plastiekprodukte vir gebruik in kuilvoerproduksie in, soos seile, baalbedekkings en kuilvoersakke.

Heinrich Meyer van Strapping and Profile Manufacturers sê dat die maatskappy trots is om so ’n topgehalte, maar tog bekostigbare, produk aan Suid-Afrikaanse produsente beskikbaar te stel. Rani-produkte sal as pryse aan al die kategoriewenners in vanjaar se kompetisie gegee word.

Die kompetisie word deur Plaas Media aangebied, onder die vaandel van sy tydskrifte, Veeplaas en Stockfarm. Plaas Media is baie opgewonde oor Strapping and Profile Manufacturers se betrokkenheid by die 2019-weergawe van die kompetisie.

Inskrywings vir die 2019 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is nou reeds oop en sluit op 4 Maart 2019 vir winter-/kleingrane en op 6 Mei 2019 vir somergrane. Klik hier vir meer inligting.Marike Brits, AgriOrbit