Hinterland

’n Onkruid word beskou as ‘n ongewenste of onestetiese plant in ‘n sekere konteks, bv. in jou tuin. Dit wil sê, die plant groei waar ons dit nie wil hê nie, of waar dit ekonomies skade doen. ’n Roosboom in ‘n mielieland sal dus in hierdie geval as ‘n onkruid beskou word.

Daar is gereeld klagtes van verbruikers dat plaagbeheermiddels, spesifiek ook onkruidmiddels, nie doeltreffend is nie. Die rede hiervoor is nie die gehalte van die plaagmiddel nie, maar eerder die swak gehalte van Suid-Afrika se munisipale of boorgatwater waarmee hierdie plaagmiddels verdun word.

Die meeste plantbeskermingsprodukte is onstabiel by ’n lae pH (suur) of ‘n hoë pH (alkalies) en word die doeltreffendheid benadeel wanneer die pH van die spuitmengsel te hoog of te laag is. Plaagbeheermiddels is stabiel by ‘n pH-reeks van 4 tot 6,5.

All Buff verlaag die pH van alkaliese water en verhoog die pH van suur spuitwater tot by ‘n optimum pH van tussen 4 en 6,5 waar dit gebuffer word.

Vir doeltreffende werking van plaagbeheermiddels, moet die vermengingswater dus altyd eers met All Buff gebuffer word voordat die plaagbeheermiddel in die water bygevoeg word.

 

 

Sprayfilm10 is ‘n verspreider en kleefmiddel wat die effektiwiteit van die produk verbeter en verseker dat blare en plantoppervlakte behoorlik bedek word.

Sprayfilm 10 verbeter die kleef van sproeidruppeltjies op die plant en verbeter die effektiewe leeftyd van onkruid-, insek- en swammiddels.

Deur Sprayfilm 10 te gebruik, kan die wasagtige laag wat sommige blare bedek, veral die van jong onkruid, binnegedring word en word oortollige afloop verhoed.

Sommige onkruide is ook vol haartjies wat veroorsaak dat die druppel nie op die oppervlak van die blaar kom nie, maar wanneer Sprayfilm 10 gebruik word, word die oppervlakspanning van die druppel gebreek om klein, fyn waterdruppeltjies te vorm en egalige verspreiding tot op die blaaroppervlakte te verseker.

Sprayfilm 10 is binne een uur reënbestand en die plaagbeheermiddels sal dus nie afwas nie. Sprayfilm 10 bied verder beskerming teen die UV-strale van die son wat die afbreek van die gifstof beperk.     

Sprayrite Spray Indicator

Die derde produk wat aanbeveel word met die beheer van onkruid, is Sprayrite Spray Indicator, ’n tydelike blou kleurstof wat met die plaagbeheeroplossing gemeng word en binne 48 uur verdwyn. Dit is ʼn koste-effektiewe manier om oortoediening van plaagdoders of die oorslaan van plekke te verhoed. Baie gereeld word ’n grasperk of plaveisel behandel en verloor jy tred waar jy toegedien het, veral op warm dae wanneer die vloeistof vinnig verdamp.

 

Handige wenke:

  1. Om water te buffer, meng slegs 1ml All Buff in 1 liter water in ‘n spuitbottel of spuitkan en meng. Die water sal blou verkleur.
  2. Voeg Sprayrite Spray Indicator in spuitkan en meng.
  3. Voeg die korrekte dosis plaagbeheermiddel of plantvoedsel by hierdie mengsel en meng.
  4. Voeg dan laaste Sprayfilm 10 by die mengsel en meng.
  5. Die mengsel is nou gereed om toegedien te word.

Dan, die belangrikste produk, die onkruidmiddel.  Daar is talle produkte in die mark wat van hierdie ongewenste plante ontslae sal raak:

Clear All / Clear Pave raak van alle ongewenste plante ontslae, dit wil sê eenjarige- en meerjarige grasse, breëblaargrasse en -onkruid, asook indringerbome en -struike. Beide hierdie produkte is sistemies en word deur die plant opgeneem met byna geen grondaktiwiteit. Dus sal slegs die plante wat behandel is, uitgewis word.

 

 

Om van boomstompe ontslae te raak, verf eenvoudig onverdunde Clear All / Clear Pave met ‘n kwas aan die stam of behandel met Triclon, ’n boomdoder.             

 

 

 

 

 

Beide Versus en Pure Lawn is selektiewe onkruidmiddels, dit wil sê dit beheer breëblaaronkruid op grasperke sonder dat dit die grasperk sal doodmaak.

 

 

 

 

‘n Ander netelige probleem wat op grasperke voorkom, is uintjies. Dit is baie moeilik om hiervan ontslae te raak. Wanneer uintjies meganies verwyder word, bly bolletjies agter. Dit beteken die uintjies sal weer groei. Servian is ‘n unieke produk wat hierdie probleem suksesvol sal aanspreek.

Servian is verpak in ‘n gerieflike, wateroplosbare sakkie, dus is daar geen afmeting of direkte hantering van die produk nie. Meng eenvoudig die vereiste aantal sakkies in water en spuit vir die beheer van uintjies, sonder om jou grasperk dood te maak.

 

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947

Clear Pave: glifosaat 360 g/l a.e, L7219, VERSIGTIG, Clear All: glifosaat 360 g/l a.e, L7221, VERSIGTIG
, Pure Lawn: MCPA 400 g/l, L7220, VERSIGTIG, Versus: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L8879, SKADELIK – Registrasiehouer: ArystaLifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, reg no: 2009/019713/07 Servian: halosulfuron (sulfonylurea) 750 g/kg, L5617
 – Registrasiehouer: Syngenta South Africa (Edms) Bpk, reg no 1998/013761/07
.

Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here