Dit is moeilik om te glo dat ons weereens aan die einde van nog ’n jaar staan. As ons terugkyk, was 2020 beslis vol uitdagings en onsekerhede. Volgens Rovic Leers laat dit ’n mens opnuut kyk na die wyse waarop ons besigheid doen, om te sien waar ons kan verbeter.

Ten spyte van al die uitdagings en moeilike tye, het ons produsente rekordoeste in die 2020-seisoen gehaal. Van die wenners wat in die afgelope seisoen met pryse weggestap het, was:

  • Bossie Ferreira, algehele wenner in die droëlandmielies-kategorie van die Weeg en Wen-kompetisie.
  • Tyson Zunckel en Tommie Scholtz, wat onderskeidelik in die produksie van mielies en soja pryse ontvang het in Graan SA se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie.

Die vraag is: Wat het dié drie produsente in gemeen? Al drie plant natuurlik met die Rovic Syncroplant®-planter! Maar hoewel die planter ’n onmisbare rol in die hele proses speel, moet produsente talle ander aspekte tydens die plantproses in ag neem. Dit sluit in:

  • Akkurate tydsbeplanning.
  • Temperatuur- en voginhoud in die grond.
  • Keuse van kultivars.
  • Keuse van bemesting.
  • Keuse van besproeiing.

Die planter gee egter aan die saad die potensiaal om optimaal te presteer, deur te verseker dat die volgende aspekte in plek is: Eerstens moet die saad teen die korrekte en konstante diepte geplaas word. Dit verseker dat die plantjies almal op die selfde tyd ontkiem en ’n egalige opkoms lewer.

Tweedens moet die spasiëring tussen elke pit so akkuraat en eweredig as moontlik wees, sodat elke pit sy volle potensiaal kan bereik. Daar is al verskeie proewe gedoen wat bewys dat die noukeurige toepassing van dié twee beginsels ’n wesentlike verbetering in die opbrengs sal lewer.

Presisieboerdery na nuwe hoogtes met Rovic Syncroplant®

Rovic Syncroplant®-planters maak van Precision Planting®-tegnologie gebruik om presisieboerdery na die volgende vlak te neem. Die unieke DeltaForce®-stelsel verseker ’n egalige plantdiepte per ry, sodat die korrekte diepte gehandhaaf word namate die omstandighede in die grond verander.

Die uitmeter wat gebruik word is die vSet®, tesame met die vDrive®-elektriese motor, om die mees akkurate uitmeet van die saad te waarborg. Weereens word elke ry afsonderlik beheer, wat verseker dat wanneer daar teen ’n draai geplant word, die spasiëring steeds konstant bly.

Die planters het talle opsies wat, na gelang van die produsent se behoeftes, bygevoeg kan word. Hierdie opsies kan met enige van die Rovic Leers-verkoopspersoneel bespreek word.

Feesgroete van Rovic Leers

Ons wil al ons kliënte bedank vir hul getroue ondersteuning, en hulle sterkte toewens met die res van die 2020-plantseisoen. Ons is vir seker bewus van al die uitdagings wat voorlê – van die dag van plant, tot en met wanneer die laaste pit in die silo val.

Welgedaan aan elke produsent wat in hierdie moeilike jaar steeds kos geproduseer en die nasie gevoed het! Baie dankie. Ons wens almal ’n baie geseënde feesseisoen toe en ’n voorspoedige 2021! – Dewald Barnard, Rovic Leers (Pietermaritzburg)

Besoek www.rovicleers.co.za vir meer oor die Rovic Syncroplant®-planter
of kontak Rovic Leers by 021 907 1700 (Kaapstad), 011 396 6200 (Johannesburg)
of 033 346 2727 (Pietermaritzburg).