Wêreldrekordprys vir ’n Dohne Merino-ram

1182

’n Wêreldrekord vir die hoogste prys vir ’n Dohne Merino-ram is by die nasionale Dohne Merino-veiling, wat by die Bloemfontein-skougronde gehou is, opgestel. ’n Ram van Frans en Andries Marx van die plaas Sewefontein by Burgersdorp is vir R335 000 aan Clark Rattray, Dries Pienaar, At Liebenberg en Julius Beukes verkoop. Dit is ook ’n Suid-Afrikaanse rekord. Al die ramme op die veiling was in baie goeie kondisie en  goeie teelmateriaal is aangebied. Altesaam 46 ramme is vir ’n gemiddelde prys van R44 456 verkoop.

Read it in English.

Dié ram in lot 13 is vir R175 000, die tweede hoogste prys op die veiling, verkoop. Agter van links is Gert Jordaan, afslaer, Andries Pienaar, verkoper, en Jannie Kruger, koper. Voor van links is John Reynolds, plaasbestuurder vir Andries Pienaar, en Jan van der Walt, BKB-stoetadvisieur.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R335 000
  • Tweede hoogste prys ram: R175 000 (Verkoper: Andries Pienaar, White Wools-stoet, Molteno. Koper: Jannie Kruger, Schietfontein, Philippolis)
  • Derde hoogste prys ram: R120 000 (Verkoper: Boeta Wessels, Weska-stoet, Bredasdorp. Koper: Zeiss Jordaan, Sneeuberg, Cradock)
  • Gemiddelde prys ramme: R44 456

Aangebied deur: BKB Louwid

Afslaer: Gert Jordaan