Hoe beïnvloed werkloosheid en voedselsekerheid mekaar? In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, gesels dr Christo Joubert van die Nasionale Bemarkingsraad hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan volg daar ook ‘n bydrae deur dr Marlene van Rooyen oor gewasbeskerming en sogenaamde digitale landbou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Graandiefstal is blykbaar ‘n groot probleem vir graanboere. Dr Dirk Strydom van Graan SA praat meer oor dié ernstige saak. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Agri Securitas Trustfonds het onlangs geld vir die beskerming van boere en hul plaaswerkers, bewillig. Dié geld van die Trustfonds en boere se planne help hulle om hulself en hul plaaswerkers teen misdaad en geweld te beskerm. Lise Roberts praat met Kobus Visser van Agri SA hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Voermol.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.