Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou-kampioenskappe is vanjaar op die terrein van die Outeniqua Skougenootskap in George aangebied. Na afloop van die kampioenskappe is die Wes-Kaapse span aangewys, wat vanjaar aan die Nasionale Jeugskou gaan deelneem.

Altesaam 179 kinders het in elf kategorieë deelgeneem. Wenners is in drie ouderdomsgroepe aangewys, naamlik die junior-junior groep (onder tien jaar), junior groep (onder 14 jaar) en senior groep (onder 18 jaar). Die kategorieë waarin deelgeneem word, is suiwelbees, vleisbees, melkbok, veselbok, Boerbok, vleisskaap, wolskaap, perde, pluimvee, kulinêre kuns en suiwelbereiding.

Kyk na die foto’s in die onderstaande galery om ’n blik te kry op die aktiwiteite en kampioene van die dag. – Hugo Lochner, Veeplaas