Maandag 7 Oktober 2019 se aflewering van Grootplaas het ‘n lekker vol program. Versekeringsadvies is eerste op die spyskaart. King Price se gereelde gas, Wynand van Vuuren, bring kykers op hoogte van hulle dienste.

Daarna vertel Richardt Venter meer oor wat in vanjaar se Nasionale Kuilvoerkompetisie gebeur het. Hy gesels oor die wenners, die verloop van die kompetisie en kuilvoergehalte in die algemeen.

Dr Dirk Strydom van Graan SA is laaste aan die woord en gesels oor die opwindende nuus oor die samewerkingsooreenkoms tussen Nampo en ALFA.

Inhoudsborg: King Price

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas