In Woensdag se program van RSG Landbou gesels Hennie Maas met een van ons vername vroue-wildboere in Suid-Afrika, Ellalien Davey. Sy boer op Romaco Ranch naby Naboomspruit en sy vertel onder andere hoe hulle sukses toegeskryf kan word aan ‘n familie wat goed saamboer. Luister nou na dié onderhoud.

Die Suid-Afrikaanse Makadamiabedryf se grootste uitdaging is diefstal, maar dit bly ‘n bedryf waarop die plaaslike landbou trots kan wees. So vertel die hoof uitvoerende beampte van SAMAC, Lizel Pretorius. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna volg daar ‘n gesprek oor kunsmis, spesifiek die verskil tussen organiese en anorganiese kunsmis. Prof Robin Barnard is ‘n raadgewer vir Fertasa, die Misstofvereniging van Suid-Afrika, en hy verduidelik waar hierdie verskille lê. Luister nou na dié onderhoud.

Laaste aan die woord is Malan Davey van Wildbedryf Suid-Afrika se besigheidskamer in Naboomspruit. Hy vertel vir Hennie Maas oor ‘n belangrike geleentheid wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD Animal Health.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.