Een van die streke waar die droogte sy stem nog dik maak, is die Williston-omgewing in die Karoo. Die droogtesituasie is erger as wat baie van ons besef. Sommige boere het tot ses jaar laas reën gehad en met die wintermaande wat voorlê lyk dit nie na ’n rooskleurige prentjie nie. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels Koos du Pisanie, ons medewerker in die Noord-Kaap, met ‘n paar boere oor die droogte en hoe dit tans hanteer word. Daar is ook ‘n bydrae oor voeding in intensiewe veeboerderystelsels, wanneer Hennie Maas met Johan Mouton van Molatek gesels. Poena van Niekerk vertel ons meer oor ‘n suiweldag wat op 11 Junie in die omgewing van Middelburg gehou word. Soos altyd op ‘n Maandag is Hennie Maas aan die stuur van veilingsake. Ons sluit die program af met Hendrik Jordaan wat uitbrei oor Argentinië wat voor in tou staan met bewaringslandbou. Luister na na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.