Die eerste Suid-Afrikaanse windplaas wat genoeg skoon elektrisiteit aan bykans 95 000 huishoudings sal voorsien, behoort voor die einde van 2020 voltooi te wees. Dit staan bekend as die Perdekraal-Oos Windplaas en ressorteer onder die Witzenberg plaaslike munisipaliteit in die Wes-Kaap. Lise Roberts gesels in Dinsdag se RSG Landbou met die projekbestuurder, Christo Loots. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lise Roberts het tydens ALFA op Parys met Qawekazi Mazwi, ‘n landboustudent aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor haar studies. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan Heyns van Anysbos in die Botrivier-omgewing, gesels oor hulle Toggenberg-melkbokboerdery. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna gesels die Noord-Kaapse besproeiings-jongboer van die jaar, Hilton Megaw, met Koos du Pisanie oor sy boerdery. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.