Die oppervlakte- en derde produksieskatting vir wintergewasse vir 2019, is deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Koring

Die verwagte produksie vir koring is 1,695 miljoen ton, wat 6,13% of 110 700 ton minder is as die vorige skatting van 1,806 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,14 t/ha is.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 682 500 ton (40%), in die Vrystaat 422 200 ton (25%) en in die Noord-Kaap 281 250 ton (17%).

Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 325 000ha of 60%, die
Vrystaat is 128 000ha of 24% en 37 500ha of 7% is in die Noord-Kaap.

Ander gewasse

Die produksieskatting vir moutgars is 364 860 ton, wat 6,27% of 24 400 ton minder is as die vorige skatting van 389 260 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 131 960ha, terwyl die verwagte opbrengs 2,76 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 81 400 ton, wat 8,33% of 7 400 ton minder is as die vorige skatting van 88 800 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 000ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,10 t/ha.

Die oppervlakteskatting vir hawer (ontbytgraan) vir die 2019-seisoen is 27 200ha en die verwagte oes is 34 990 ton. Die verwagte opbrengs is 1,29 t/ha.

Die vierde produksieskatting vir wintergewasse vir 2019 sal op 24 Oktober vrygestel word. – CEC-verslag 

Klik hier om die vorige verslag te lees.