In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou kuier ons regoor die land. Die eerste stop is by Wintershoek Wild. Hulle bied op op 20 en 21 September ‘n veiling, fees en plaaswerkeropleiding aan. Wiaan van der Linde gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Op elke landbou-agenda in die Noord-Kaap is die droogte tans bo-aan die lys en so was dit ook tydens die pas-afgelope Agri Noord-Kaapkongres. Koos du Pisanie het die kongres bygewoon. Hy gesels hy met die president, Nicol Jansen hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Dawie Rothmann van Brits is vroeër vanjaar aangewys as Agri Noordwes se jongboer vir 2019. Hy vertel ons meer oor sy boerdery. Luister nou na dié onderhoud.

Diversifikasie in landbou is ‘n onderwerp waaroor baie gesê kan word. Talle suksesvolle diversifikasiestrategieë is al in hierdie sektor uitgevoer, van melkerye, tot houtskoolvervaardigers en selfs wortel- en tamatiesapverwerkers. Maar hoe kan diversifikasie jou kontantvloeiprobleme oplos? Frans van Eden van Prioritise gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met ‘n opwindende veiling wat net om die draai is. Sytze Smith vertel meer oor die opkomende Nasionale Brahman-veiling. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Wintershoekwild

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.