Lesotho se jarelange wol- en sybokhaarhandel met Suid-Afrika is in 2018 onderbreek deur die aankondiging van die Landboubemarkingregulasies (Wol en Sybokhaar), Regulasie 37 van 2018. Intussen is ‘n hofaansoek teen die regulasies aangebring en het die hof in die guns van die produsente en bedryf uitspraak gelewer. Heinrich Victor, van CMW/OVK, praat met RSG Landbou-luisteraars hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Agri Frequencies.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.