Die wolmark het hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1% en 176 punte gestyg om op R185,60/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 1,1% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 1,6% verhoog.

Read it in English. 

Die wolmark het sy goeie lopie voortgesit, en die volgehoue sterk aanvraag na goeie gehalte lang en fyn wol was duidelik sigbaar uit die goeie opbrengste wat produsente deur die bank ontvang het vir lang- en mediumlengte wol. Die Amerikaanse dollar het min invloed op die wolhandel gehad.

Die kompetisie tussen die kopers was hewig en Modiano het vandag die meeste bale op die veiling gekoop, met Standard Wool kort op hul hakke.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 1,1% gestyg en op R226,12/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 1,4% afgeneem en op R213,75/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 1,8% verhoog en op R202,71/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,0% versterk en op R190,42/kg gesluit.
  • 20 mikron is 0,7% hoër en het op R184,56/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 1,8% sterker en het op R180,30/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 1,7% gestyg en op R175,15/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 1,7% toegeneem en op R171,14/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 1,2% gestyg en op R169,84/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 0,5% swakker en het op R166,47/kg gesluit.

Die volgende veiling is vir 7 Maart 2018 geskeduleer, wanneer altesaam 11 496 bale aangebied sal word. – Markverslag