Die wolmark verhandel tans hoër en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,7% en 360 punte gestyg om op ’n waarde van R218,76/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,9% toegeneem en die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 1,6% gestyg.

Read it in English. 

Die Suid-Afrikaanse aanwyser het met 1,7% toegeneem weens goeie mededinging en ’n verswakte rand, veral vir lang fynwol. Die vraag uit beide China en Europa is baie goed. Goeie gehalte wol en goed geklasseerde skeersels sal in aanvraag bly by kopers. Die gemiddelde aanwyser in Amerikaanse dollar terme het met 0,3% teenoor die vorige veiling gestyg.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 2,2% gestyg en op R243,34/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 2% toegeneem en op R242,27/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 1,2% verhoog en op R234,36/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,5% versterk en op R233,60/kg gesluit.
  • 20 mikron het met 1,1% gestyg en het op R227,26/kg gesluit.
  • 20,5 mikron het met 0,6% versterk en op R225,08/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 1,5% gestyg en op R223,46/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 1,3% toegeneem en het op R217,44/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 2,2% gestyg en op R216,75/kg gesluit.
  • 22,5 mikron het met 1,8% verbeter en op R212,68/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 20 Februarie 2019, wanneer ongeveer 6 766 bale aangebied word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here