Die wolmark het laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanduider het met 2,8% en 517 punte gedaal om op ’n waarde van R180,43/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 2,1% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,8% gedaal.

Read it in English. 

Wolverkope op die Suid-Afrikaanse wolmark het tot dusver teen ’n premie verhandel, maar beide markte het dié week ’n korreksie ondervind en die pryse vir alle tipes het teruggesak. Die vraag na hoë gehalte lang en fyn wol bly steeds sterk en dit het relatief goed presteer, maar die gemiddelde lengte en sterker wol het skerp afgeneem. Kopers is steeds besorg oor die daling in wol wat op die mark aangebied is.

Die kompetisie tussen kopers was goed en Modiano het vandag die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 2,0% gedaal en op R221,55/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 2,9% afgeneem en op R207,63/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,5% verlaag en op R195,63/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 3,6% verswak en op R183,47/kg gesluit.
  • 20 mikron is 3,3% laer en het op R178,47/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 2,2% swakker en het op R176,33/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 2,6% verlangsaam en op R170,63/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 0,6% afgeneem en op R170,11/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 2,2% gedaal en op R166,06/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 3,8% swakker en het op R160,13/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 14 Maart 2018, wanneer altesaam 5 911 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here