Die wolmark het op die mees onlangse veiling hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,1% en 563 punte gestyg om op ’n waarde van R189,87/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 4,3% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,9% verhoog.

Read it in English. 

Die wolmark het duurder verhandel oor al die mikron-groepe, met die fyner mikrons wat die meeste veld gewen het. Soos met die vorige veiling, is weereens nie baie wol aangebied nie en hoewel aflewerings by makelaarspakhuise toegeneem het, heers daar steeds kommer oor die aanbod.

Die markvraag na goeie gehalte lang wol bly sterk en dryf die mark opwaarts, terwyl die wisselkoers op die veiling geen noemenswaardige bydrae gelewer het nie. Die kleiner aanbod het kopers op hul tone gehou en die kompetisie was straf.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 6,0% gestyg en op R229,74/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 3,6% toegeneem en op R218,82/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,6% verhoog en op R207,38/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 2,3% versterk en op R195,88/kg gesluit.
  • 20 mikron is 2,3% hoër en het op R185,78/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 2,0% sterker en het op R178,77/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 1,9% gestyg en op R171,77/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 2,5% toegeneem en op R168,63/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 3,4% gestyg en op R171,14/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 3,5% hoër en het op R166,31/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 14 Februarie 2018, wanneer altesaam 10 223 bale aangebied gaan word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here