Die wolmark het laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,3% en 627 punte gedaal om op R185,56/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 4,0% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,5% gedaal.

Read it in English. 

Die afname van 3,3% in die wolmark hierdie week sluit in ’n 1,5% daling gemeet in dollar-terme, met die res wat grootliks aan die versterkte rand toegeskryf word. Die pryse het effens teruggesak oor al die woltipes, ten spyte van die goeie marktoestande en die heersende goeie vraag na hoë gehalte lang en fyn wol. Kopers het hul kommer uitgespreek oor die toenemende skaarste aan wol, met kleiner aanbiedings wat verwag word as gevolg van die droogte.

Die kompetisie tussen kopers was goed en Standard Wool het vandag die meeste bale teen die verlaagde markvlakke gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 3,7% gedaal en sluit op R224,92/kg.
  • 18,5 mikron het met 3,1% afgeneem en sluit op R219,00/kg.
  • 19 mikron het met 3,1% verlaag en sluit op R205,83/kg.
  • 19,5 mikron het met 3,9% verswak en sluit op R194,42/kg.
  • 20 mikron is 3,5% laer en sluit op R184,19/kg.
  • 20,5 mikron is 3,8% swakker en sluit op R175,93/kg.
  • 21,0 mikron het met 3,7% verlangsaam en sluit op R170,19/kg.
  • 21,5 mikron het met 2,1% afgeneem en sluit op R165,49/kg.
  • 22 mikron het met 1,2% gedaal en sluit op R165,79/kg.
  • 22,5 mikron is 1,5% swakker en sluit op R160,78/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 31 Januarie 2018, wanneer altesaam 6 072 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here