Die wolmark het vandag teen dieselfde vlak as voor die Kersfees-reses verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser was onveranderd om te sluit op ’n waarde van R188,08/kg vir skoonwol. Die Australiese EMI het met 7,3% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser was ook onveranderd.

Read it in English.

Hierdie goeie begin vir die tweede helfte van die wollewering-seisoen bevestig die volgehoue goeie vraag na goeie gehalte lang en fyn wol. Die mark het stewig verhandel oor alle woltipes en het goeie opbrengste vir wolprodusente gelewer, ten spyte van ’n sterker rand. Die hoeveelheid wol wat deur makelaars ontvang is, is steeds jaar op jaar noemenswaardig minder. Die kompetisie tussen kopers was goed.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 1,5% gedaal en sluit op R227,40/kg.
  • 18,5 mikron het met 1,2% afgeneem en sluit op R221,17/kg.
  • 19 mikron het met 1,1% verlaag en sluit op R206,83/kg.
  • 19,5 mikron het met 1,6% verswak en sluit op R195,52/kg.
  • 20 mikron het met 1,3% verhoog en sluit op R185,21/kg.
  • 20,5 mikron is 1,5% sterker en sluit op R175,97/kg.
  • 21 mikron het met 0,4% gestyg en sluit op R170,85/kg.
  • 21,5 mikron het met 0,1% toegeneem en sluit op R163,62/kg.
  • 22 mikron het met 0,8% gestyg en sluit op R164,24/kg.
  • 22,5 mikron is 0,9% beter en sluit op R162,47/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 17 Januarie 2018, wanneer altesaam 13 040 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here