Die wolmark verhandel tans laer en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,7% en 586 punte gedaal om op ’n waarde van R215,16/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,4% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,6% gedaal.

Read it in English.

Die Suid-Afrikaanse markaanwyser was 2,7% swakker, hoofsaaklik weens die rand se versterking. Daar was ook ’n regstelling in die prys van die dollar weens die feit dat beter wol deurlopend duurder was vergeleke met Australië. Die aanbod van goeie wol was minimaal, asook die weeklikse aanbod van slegs 5 700 bale. As gevolg van voortslepende probleme met die lewering van wol afkomstig uit Lesotho, is volgende week se veiling gekanseleer weens onvoldoende aanbiedings.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 3,3% gedaal en op R238,07/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 3,6% afgeneem en op R237,41/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,1% verlaag en het op R231,60/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 3,5% verswak en op R230,16/kg gesluit.
  • 20 mikron het met 3,0% afgeneem en op R224,74/kg gesluit.
  • 20,5 mikron het met 2,6% verswak en op R223,76/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 3,2% verlangsaam en het op R220,15/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 2,7% afgeneem en op R214,74/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 1,8% gedaal en op R211,99/kg gesluit.
  • 22,5 mikron het met 2,6% verswak en het op R208,98/kg gesluit.

Daar is geen veiling volgende week nie. Die volgende veiling is geskeduleer vir 13 Februarie 2019. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here