Die wolmark verhandel basies onveranderd en die Cape Wools Merino-aanwyser daal met 0,6% en 124 punte om op ’n waarde van R215,24/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,6% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 0,2% gedaal.

Read it in English.

Die mark het verlede week se vlakke behou, nieteenstaande ’n groot aanbieding van nagenoeg 13 000 bale. Die pryse van swakker tipes wol het ’n afname getoon, terwyl goeie lang wol gesog was en pryse toegeneem het. Daar was ook ’n aantal RWS (Responsible Wool Standard) skeersels wat aangebied is en het ’n premium bo soortgelyke tipes wol verdien.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron styg met 1,1% en sluit teen R242,92/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 1,3% en sluit teen R242,19/kg.
  • 19 mikron verhoog met 1,2% en sluit teen R233,85/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 1,6% en sluit teen R233,84/kg.
  • 20 mikron is 0,3% af en sluit op R227,00/kg.
  • 20,5 mikron is 0,6% swakker en sluit op R224,84/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 0,3% en sluit op R223,76/kg.
  • 21,5 mikron het 0,6% afgeneem en sluit op R215,73/kg.
  • 22 mikron daal 1,3% en sluit op R211,03/kg.
  • 22,5 mikron is 2,2% swakker en sluit op R210,01/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 23 Januarie 2019, wanneer ongeveer 8 931 bale aangebied word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here