Die wolmark het die eerste helfte van die seisoen feitlik onveranderd afgesluit. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,1% en 14 punte gestyg om teen ’n waarde van R207,85/kg vir skoonwol te sluit. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het ook met 0,1% gestyg. Die Australiese EMI het met 0,8% afgeneem.

Die verlangsaming in die wolmark is voortgesit te midde van ’n sterker rand en swakker Australiese mark. Daar was goeie vraag na hoë-gehalte lang wol, terwyl die vraag na korter wol onder druk was weens veranderende modeneigings in China.

Die fluktuerende rand maak omstandighede moeilik vir die kopershuise, terwyl die droogte produsente knou.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron daal met 1,4% en sluit teen R235,00/kg;
  • 18,5 mikron neem af met 1,1% en sluit teen R234,79/kg;
  • 19 mikron verlaag met 0,7% en sluit teen R222,85/kg;
  • 19,5 mikron verswak met 0,5% en sluit teen R222,84/kg;
  • 20 mikron is 0,5% af en sluit op R220,43/kg;
  • 20,5 mikron is 0,7% swakker en sluit op R218,88/kg;
  • 21 mikron verlangsaam met 0,8% en sluit op R217,41/kg;
  • 21,5 mikron het met 0,2% afgeneem en sluit op R207,86/kg;
  • 22 mikron daal 1,1% en sluit op R204,92/kg; en
  • 22,5 mikron is 0,9% swakker en sluit op R204,61/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 9 Januarie 2019. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here